Moorde en Ou Mense

Die oom wie se suster voor hom vermoor is in Reitz, was my pa se beste vriend. Ek het voor hom grootgeword. Maar wat merkwaardig is, is dat ek in 40 jaar nog nooit hierdie lang, slender oom gesien het sy humeur verloor of mense sleg behandel nie. Sy stem was altyd sag.

Sy suster was ‘n oujongnooi, wat met sterretjies in haar oe ‘n paar maande terug aan my vertel het van haar groot liefde, die man wat haar nooit “raakgesien” het nie, en uiteindelik met ‘n tannie van my getroud is. Maar so onskuldig naief, so “skoon”-gewete-liefde-wat-nooit-beantwoord was nie. Ek het my verwonder aan tannie Adela se lang grys hare wat tot op haar boude hang, in vlegsels, en dat sy nog so lekker kon lag oor haar tienerliefde. Wie sal haar onthou?

Haar lag is nou stil.

Vrydag na die begrafnis bring ek oom Peet terug huistoe. Maar nou in ‘n rolstoel, na die aanval. Sy sagte oe moes rus, vir ure, op sy vermoorde suster. So onnodig, so wreed, en so alleen. Daar is geen kinders of naby familie.

En ek wonder.
Oor mense.
Oor siele.
Oor compassion.

oor Hemel en oor Hel.

13 thoughts on “Moorde en Ou Mense

  1. Somehow om like te druk op die post is net verkeerd. Die is ‘n hartseer storie… Kan die klomp k@k nie die tannie net gelos het dat sy in vrede, met die verloop van tyd self die hiernamaals ingegaan het nie?

    Sterkte vir jou Kelly…

  2. Ai, dis bitter hartseer. Baie sterkte vir julle.

    Ons begrawe ook Maandag een van die ooms wat hier by ons gewerk het. Hy is so paar weke gelede deur rowers in sy gesig en maag geskiet. Dis so onnodig.

  3. Eintlik wou ek nie eers gelees het nie. Dis so hartseer en onnodig al die moord en doodslag en roof. Menslik gesproke is dit bo my vuurmaak plek. Sterkte daar in gedagte is ek met julle

  4. Ek haat hierdie onnodige geweld teenoor hierdie bejaardes wat ‘n vlieg nie skade doen nie, en hulleself ook nie kan beskerm nie. Dit is soooo hartseer.

Leave a comment