A short book about LOVE

“LOGOPHILIA -The words that define the love of language….But who is not in love with words, their sounds and shapes, the way they slip from the tongue like melting ice or stay there, chewy and resistant, like gristle?
Long words, short words, words that get us into trouble, or out. Words which fear they have said too much. Words which hurt and words which heal. Words that seem to take all our love or hate…”
Nicholas Murray

Woorde bepaal my lewe.
Woorde is my geliefde.

Advertisements

Satanisme en Gangs

Vir lank het ek nie kom skryf nie, Omdat ek net te negatief was.
En Halloween le voor …
Ek weet, dis net ‘n game.
Maar in die realiteit waar ek werk, het die “gaminess” daarvan lankal verdwyn.
Ek werk by ‘n skool waar satanisme groot is. En gangs wat die ander kinders
daarmee domineer en verswelg. En hoe nader Halloween kom, hoe erger raak dit.
Om te probeer onderrig, is net nie meer ter sprake nie.
Die hele dag moet ons intervensie doen met kinders wat met duiwels kommunikeer
en demone uitspoeg en met geeste in bome praat.
Dan is dit chaos, en stuiptrekkings, en ‘n helse (pun intended) gefightery en
geskoppery en gestekery met passers (onder andere).
Wanneer ek by die huis kom, is ek so gedreineer, maar tel dan maar my pakke opstelle
(wat soms slegs uit een sin bestaan) en toetse op, en begin merk en voorberei vir die volgende dag.
Al weet ek die voorbereiding
wat gemiddeld een uur per vak en klas uitgewerk word, sal ‘n maksimum van 10 minute
in beslag neem.
En dan, aan die einde van die kwartaal, is ons in die moeilikheid omdat die kinders druip,
en aanvaar die departement van onderwys nie die uitslae nie. En voel ek useless.

Behalwe vir ‘n ligpuntjie hier en daar, vir die een of twee kinders in ‘n klas, wat ek in die
middae probeer help, omdat hulle ‘n droom het.

Oor die algemeen, dink ek Suid-Afrika beleef ‘n helse krisis – ons jeug moet eendag leierskap
oorneem…

What is your strategy?

Do you:
LIVE TO WORK

or do you
WORK TO LIVE

Gisteraand kuier ek met ‘n ou skoolvriend (Okei, hy was so bietjie meer as net ‘n vriend, vir ‘n tydjie), en dis die eerste keer wat ons mekaar gesien het vandat ek in matriek was.

Hy het my so inspireer, en weer moed gegee vir die toekoms. Vir MY toekoms.(Want ons begin mos om te leef net vir ons kinders se toekomste.) Hy het my natuurlik nog onthou as die jong meisie vol drome, en somehow het hy weer die drome binne my wakker gemaak. My weer laat onthou wie ek was – wie ek is.
Daardie persoon is nog steeds hier diep binne my iewers.

Ek moet net ophou om bang te wees om te lewe.

SKOOL …..

“Yes, you fuckers!”

Dit was die verwelkoming van een kind Maandagoggend in my klas aan die res van sy klasmaats. Luidkeels.

Vandag, die derde dag, was ek reeds in die middel van 2 gevegte, en amper deel van die slanery. Verlede kwartaal het ek vir 2 weke met ‘n blou oog rondgeloop, van ‘n hokkiestok-hou wat darem bedoel was vir iemand anders.

Dit is asof die kinders die vakansie gebruik het om nuwe maniere te bedink om ander sleg te se, te boelie, en onderwysers te treiter. Om vulgere tekens te ontdek en reaksies nou daarop te toets.

Sover is ek nog kalm, en doen my yoga vir ontspanning slaafs.
Ander onderwysers word reeds afgeboek vir stres.

Na 2 ure met net een klas waar ek eintlik Engels moes onderrig, weet almal in die klas nou wat beteken: fuckers en suckers. Ek ook. More sal ons oorbeweeg na die blowers.

En o ja, ook dat die hoe teenage pregnancy number te danke is aan rape. Terwyl die seuns my gereeld vra om asb vir die of daai meisie te se om nie so oop-been te sit nie, want dit trek sy aandag af.

Ek sal die humor daarin raaksien.
Wat soms regtig daar is – as jy dit wil raaksien.

Legends of the Fall

“He gave up quickly to attune the experience to a language construct, as if life were an especially filthy mirror and speechless love cleansed this mirror and made life not only bearable but something lived with eagerness, energy, an expectancy whose pleasure didn’t depend on fatality.” p65

Ja ek weet dis ‘n stokou boek en film. Maar ek hou daarvan. Dis so ‘n mix tussen wreed, teer, aksie, soppy, sommer net alles. En die gebruik van taal is superb. Een van my favourites!

“Legends of the Fall” deur Jim Harrison
9/10

What women want …

Ek dink nie daar is een vrou wat dieselfde wil he as ‘n ander een nie. Nes mans ook seker. Tog is daar dalk ‘n paar universele “wants”.
“The reason I love you,” she said, “is that you always get it right.”

Jajaja … in jou drome.

En dan:
“Yes, he’s another man wanting a devoted wife. I want a man who doesn’t.”
Nou, die een is moeilik … Ek soek beslis ‘n devoted man … maar daar is grense van “devotedness”! Mens moet steeds jou eie belangstellings en vriende he, glo ek. Ongesonde situasie as alles om een person draai.

(Albei aanhalings kom uit die boek “An outrageous affair”. Ek het heeltemal te veel gelees die vakansie! Dit maak my kop soms deurmekaar, en plant te veel nuwe gedagtes.)

Moorde en Ou Mense

Die oom wie se suster voor hom vermoor is in Reitz, was my pa se beste vriend. Ek het voor hom grootgeword. Maar wat merkwaardig is, is dat ek in 40 jaar nog nooit hierdie lang, slender oom gesien het sy humeur verloor of mense sleg behandel nie. Sy stem was altyd sag.

Sy suster was ‘n oujongnooi, wat met sterretjies in haar oe ‘n paar maande terug aan my vertel het van haar groot liefde, die man wat haar nooit “raakgesien” het nie, en uiteindelik met ‘n tannie van my getroud is. Maar so onskuldig naief, so “skoon”-gewete-liefde-wat-nooit-beantwoord was nie. Ek het my verwonder aan tannie Adela se lang grys hare wat tot op haar boude hang, in vlegsels, en dat sy nog so lekker kon lag oor haar tienerliefde. Wie sal haar onthou?

Haar lag is nou stil.

Vrydag na die begrafnis bring ek oom Peet terug huistoe. Maar nou in ‘n rolstoel, na die aanval. Sy sagte oe moes rus, vir ure, op sy vermoorde suster. So onnodig, so wreed, en so alleen. Daar is geen kinders of naby familie.

En ek wonder.
Oor mense.
Oor siele.
Oor compassion.

oor Hemel en oor Hel.